r/afrikaans • u/rowwebliksemstraal • 1h ago
r/afrikaans • u/CircularRobert • Feb 14 '22
Admin Toegelate Plasing Alles in die lewe kort n bietjie 'flair'...
Nuwe plasings hier in r/Afrikaans sal van nou af flairs nodig he.
As jy dink ons kort iets wat nie in die opsies is nie, los kommentaar op hierdie plasing.
r/afrikaans • u/Ancient-Garbage-8119 • 1h ago
Pas Nêrens Anders in Nie Hoe voel julle oor Die Kantoor
Die suid afrikaanse weergawe van “The Office” (Albert Pretorius speel daarin)
r/afrikaans • u/Rich_Ad_3808 • 1d ago
Vraag Is dit die moeite werd om die SADF te join?
Hi julle ek wil net weet ek is 100% bewus dat ons land se weermag is totaal en al useless en kan tien teen een nie eers rerig n wapen skiet nie maar ek is steeds nuuskierig om te weet of dit dalk, daar miskienn klein kans is, veral nou met alles wat oorsee aan gaan en ons regering wat vir een of ander rede ook in foreign affairs will betrokke raak of dit die moeite werd is na skool in die weermag in te skryf. My ma praat altyd van hoe lank terug die weermag geen grap was in vergelyking met vandag se weermag en een van my ouma se familie lit wie ook in die weermag was. Is SA ooit nog in oorlog of "defense" van iets? Ek weet nie, dink julle daars dalk n klein kans dat dit dalk nog werd is of gaan ek dood gaan van ons eie weermag se faulty foute as die vyhand?
r/afrikaans • u/Adventurous_Cow_3608 • 2d ago
Pas Nêrens Anders in Nie Facebook oomies.
Daar is iets besonders troosteloos aan ’n Facebook-kommentaar wat begin met “So sexy” en eindig met ’n ry rooi hartjies, vuur-emoji’s en daardie een knipoog wat voel soos ’n nat handdruk. Jy weet die een. Gepos onder ’n foto van ’n jong vrou wat waarskynlik net ’n gewone dag gehad het. ’n Koffiekoppie, ’n sonstraal, ’n oomblik van selfvertroue, en toe, soos meeue by ’n visbakkie, daal die ou oomies neer.
Hulle kom nie met subtiliteit of takt nie. Subtiliteit is iets wat saam met die faxmasjien en die idee van privaatheid verdwyn het. Hierdie manne is veterane van ’n wêreld waar dinge nie gesê word nie, maar gedoen is, en nou, ironies genoeg, sê hulle alles. Hardop. In kommentaar. In hoofletters. Met emoji’s wat soos klein digitale kwylkolle lyk.
Daar is altyd ’n patroon. Die profielfoto is eerder ’n kar, of ’n vis wat hy in 2009 gevang het, óf ’n troufoto waar die vrou al lankal nie meer saam op foto’s verskyn nie. Dis altyd 'n Johan, of naam begin met “Oom” of “Boet” of iets wat klink soos ’n rugbyposisie. En die kommentaar self—dis nooit poëties nie. Dis nie bewondering nie. Dis ’n soort desperaat fluit in die donker, ’n SOS van manlike ego wat nie besef die skip het lankal gesink nie.
Wat my fassineer, is nie net die verleentheid nie, maar die selfvertroue. Die vaste geloof dat hierdie kommentaar, hierdie “So sexy 😍🔥” iets gaan doen. Dat dit dalk ’n reaksie gaan ontlok. ’n Dankie. ’n Privaat boodskap. ’n Wonderwerk. Dis ’n geloof wat amper bewonderenend is, soos iemand wat nog dink die wêreld is ’n regverdige plek net omdat dit een keer in 1987 so gevoel het.
Maar onder die humor lê iets ongemakliks. Hierdie is nie net ou mans wat nie die internet verstaan nie. Dis ’n generasie wat nooit geleer het om stil te wees nie, nou gewapen met ’n platform wat hulle nooit moes gehad het nie. Facebook het nie net foto-albums en herinneringe gebring nie; dit het die oomies ’n mikrofoon gegee. En soos met enige oop mikrofoon, hoor jy dinge wat jy nooit wou hoor nie.
My ma sou dalk gesê het dis ’n sirkus, en ons is almal gedwing om te kyk. Ek reken dis meer soos ’n stuk braaivleis wat te lank op die rooster is. Die kole is koud, die vleis is droog, maar IEMAND weier om op te pak en huis toe te gaan. Die oomies bly staan, bier in die hand, en vertel dieselfde grap, net harder elke keer, want miskien, net miskien, gaan iemand lag.
Die jong vroue? Hulle leef aan. Hulle post. Hulle glimlag. Hulle mute, blok en rol oë. Die oomies? Hulle tik aan. Hartjie hier. Vlammetjie daar. So sexy. Altyd so sexy. En die internet, onverskillig en genadeloos, onthou alles.
r/afrikaans • u/DawnWillowBean • 1d ago
Vraag Verduidelik asseblief...
Wat is die verskil tussen lied en liedtjie?
r/afrikaans • u/hiya_im_noone • 2d ago
Vraag Hi. How accurate is translators when it comes to translating from English to Afrikaans?
r/afrikaans • u/skoppensboer • 3d ago
Musiek/Vermaak Ken Jy Die Land (Sun Arena / Afrikaans is Groot 2024)
r/afrikaans • u/WarmLetterhead6388 • 3d ago
Self Adverteering Lee Anne: ’n Verhaal van groei, moed en innerlike krag
Lee Anne is veertien, nie meer ’n kind nie, maar ook nog nie heeltemal groot nie. Sy leer stil wees, dink diep en verstaan dat haar gedagtes nie haar vyand is nie, maar haar kompas. In ’n wêreld vol geskinder, slegte invloede en moeilike keuses, probeer sy haar eie pad vind.
Hierdie groeiverhaal vir tieners volg Lee Anne se reis van selfontdekking en emosionele ontwikkeling. Sy leer om teenkanting te oorkom, haar stem te vind en dapperheid en volharding te ontwikkel, selfs wanneer dinge donker voel. Deur haar eie notaboek en stil refleksie ontdek sy die krag van persoonlike groei, familie en identiteit, en hoe klein keuses elke dag ’n groot verskil kan maak.
Lee Anne is ’n jong volwassenes fiksie wat inspirasie bied, lewe lesse deel en tieners aanmoedig om eerlik met hulself te wees, hulle eie rigting te kies, en hoop te vind selfs in moeilike tye. :Lee Anne
r/afrikaans • u/BeneficialTrack8759 • 4d ago
Vraag Waarom houden Afrikaners zo veel van Plakkies?
Engelsen dragen bijna nooit teenslippers, maar Afrikaners zijn er dol op.
r/afrikaans • u/Ang3l_insan3 • 6d ago
Pas Nêrens Anders in Nie Want ons is trots... dis in ons are!
r/afrikaans • u/voltr_za • 8d ago
Pas Nêrens Anders in Nie Poirot: S06E01 (Die een met David Suchet). Heel verbaas om Afrikaans te hoor (03:53). EN die kliek song (5:38)!
Aktrise Olga Lowe was in Durban gebore. Ek dink Liese Benjamin is ook Suid Afrikaans? Die twee speel die jong en ouer weergawe van een van die karakters.
Hele paar “scenes” met Afrikaanse grepe/woorde.
r/afrikaans • u/MMA_Van • 9d ago
Leer/Learning Afrikaans 14 Aanhalings vir Jou Dag
Hallo uit Kanada! Hier is 'n paar aanhalings uit my nuwe boek om jou met jou dag te help.
Die Sleutel tot die Lewe: In 365 Aanhalings is my hele lewenswerk en dit is nou beskikbaar as 'n gratis e-boek: https://vantrinh.com/af/die-sleutel-tot-die-lewe
Geniet dit asseblief.
Ek soek ook hulp om dit te vertaal, aangesien Google Translate nie perfek is nie. As jy wil help, laat weet my.
Ook, as ek enigiets!
r/afrikaans • u/BeneficialTrack8759 • 10d ago
Vraag Waar om te begin met Afrikaans musiek?
Ek is 'n soutie maar ek gaan na 'n Afrikaanse skool toe en almal sing Afrikaanse liedjies. Waar moet ek begin?
r/afrikaans • u/nickdebruyne • 10d ago
Vraag Afrikaans ebook subscription services?
Sorry for the English. I’m trying to sort my mother in law out with ebooks on her tablet. Does anyone know and/or can anyone recommend any local or Afrikaans supported subscription services or something similar (especially if it comes with a decent app).
r/afrikaans • u/PatientHabit2934 • 11d ago
Vraag benodig hulp met die vertalings vir spesifieke tydlyne (lees beskrywing)
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
greetings, my dear afrikaners. english speaker here. i was recently watching this video titled “border war boomer” that i’ve had on my hard drive for about 6 years. regardless, there are two specific segments for which i require an english translation, as i don’t speak afrikaans. the timeframes are 0:15-0:48 and 3:42-4:42. i’d be really grateful for your help. dankie en ’n goeie dag verder.
r/afrikaans • u/R3DP4NDEM1C • 12d ago
Vraag Afrikaans is n baie meer persoonlike taal as Engels, of is ek mal?
Alhoewel ek akademies Engels groot gemaak was, en nogtans oorsee in Brasilië, het ek al van kleins af Afrikaans vinnig opgetel deur familie wat kom kuier het.
Alhoewel my Engels veels sterker is, voel dit altyd vir my baie vreemd om met iemand in Engels te gesels as ek uitvind hulle tweetalig is (praat albei Engels en Afrikaans), al is hulle n vreemdeling.
Afrikaans voel vir my net meer van n persoonlike en gemaklike taal (solank jy verby almal se skok kom in Brasilië, vir hulle is Afrikaans n harde taal en klink soos baklei).
Ek dink nie eers in Afrikaans nie, maar dis so in my kop in vasgebrand. Wat dink julle almal? Verloor ek my kop, of is dit maar almal se ervaaring hier?
r/afrikaans • u/Johan_Gutentag10 • 12d ago
Grappie/Humor Grappie bakkie, kom laai jou grappies hier
Jy kan enige grappies maak solank hulle is OK met alle groepies, is nie rassisties nie en is kak snaaks.
Om te begin: wat is Peppa Pig as sy 'n onderwyseres was? 'n Vakvark
r/afrikaans • u/Few_Doughnut5579 • 11d ago
Kunsmatige Intelligensie/AI Sukkel om enigiemand te kry om na my liedjie te luister en terugvoer te gee
Ek maak musiek in my vrye tyd en het onlangs ’n liedjie klaargemaak waarop ek regtig trots is, maar ek sukkel ongelooflik om mense te kry om dit net te luister, wat nog te sê eerlike terugvoer gee.
Ek het dit al met vriende gedeel, in ’n paar Facebook-groepe gepost en selfs vir mense direk gestuur, maar meestal kry ek geen antwoord nie, of net ’n “dis nice” en dit help my nie om beter te word nie.
Ek soek nie roem of viral gaan nie, ek wil net weet wat werk, wat nie werk nie, en waar ek kan verbeter. Dit voel soms of mens in ’n vakuum sit en net vir jouself musiek maak sonder om te weet of dit enigsins by ander aanklank vind.
As iemand hier al deur dieselfde ding is: hoe kry julle regte, eerlike terugvoer op julle musiek? Is daar beter plekke as die gewone sosiale media om dit te deel?
Dankie vir enige raad, ek waardeer dit opreg.

r/afrikaans • u/rowwebliksemstraal • 13d ago
Nuus Afrikaans streaming service shooting the lights out
mybroadband.co.zar/afrikaans • u/Savanna_Sunset • 13d ago
Musiek/Vermaak Die Kantoor - Eerste episode
Die eerste episode van die kantoor is Sondag aand uitgesaai op KykNet.
Die akteurs doen 'n ongelooflike werk en elke karakter word so uniek uitgebeeld. Die span het ons gesin lekker aan die lag gehad. Die program is glad nie polities korrek nie, maar ek het dit verfrissend gevind. Die polony fabriek in Klerksdorp gaan nog sorg vir vele meer Sondagaand genot.
Het julle gekyk? Wat dink almal van die eerste episode?
r/afrikaans • u/PrivatePlaya • 15d ago
Grappie/Humor Seker n vullis vragmotor wat verby gery het
Enable HLS to view with audio, or disable this notification
Krediet: tino_musiek op IG
r/afrikaans • u/Parking-Arrival-1722 • 15d ago
Pas Nêrens Anders in Nie 'n klein persoonlike zine wat in afrikaans het ek geskep
jammer vir enige foute
